Charles Ceronio

Print
PDF

Charles het eintlik geen bekendstelling nodig nie. Hy is nie net in Suid Afrika bekend nie maar ook in groot dele van die wêreld se bonsai gemeenskap. Charles het natuurlik baie bekendheid verwerf vir sy boek “Bonsai styles of the World” wat hy gepubliseer het, asook vir die Suid Afrikaanse style wat hy bekend gemaak het.

Charles is getroud met Elsie en hulle het een dogter, Elvira, wat na ‘n paar jaar se verblyf in Amerika saam haar man tans ‘n arbeitsterapeut in Pretoria is. Charles is al afgetree maar was die grootste deel van sy beroep by die Atoom Energie Korporasie en die laaste klompie jaar voor aftrede was hy by Waterwese.

Charles sê dat hy sy liefde vir plante en tuinmaak by sy oupa, ouma en ma geerf het. Toe hy op universiteit was het sy ma vir hom ‘n bonsai artikkel in ‘n tydskrif gewys en dit het sy belangstelling geprikkel. Nadat hy en Elsie in 1968 na ‘n bonsai uitstalling in Johannesburg gaan kyk het is daar besluit om die Pretoria bonsai kai te stig. Behalwe vir oom Theuns is Charles die enigste huidige lid van die kai wat ‘n stigters lid was. Charles was aan en af vir ongeveer 20 jaar die voorsitter van die kai. Wanneer hy nie voorsitter was nie het hy meestal steeds op die bestuur gedien. Elsie was ook die eerste sekretaresse van die kai.

Charles onthou dat sy eerste boompie ‘n Witstinkhout was wat hy by ‘n kwekery op Brits gekoop het. Die Tsaneen stadsraad het die boom by hom vir R200 gekoop om as geskenk te gee vir die destydse Minister van Waterwese, wat die boom in die sorg van ‘n ander persoon gelos het. Daardie persoon het na ‘n tyd die boom aan Charles teruggegee en Charles het weer die boom vir ‘n neef van hom in Bloemfontein gegee wat vandag nog die boom het. Charles sê die grootste satisfaksie wat hy uit bonsai kry is wanneer hy uit ‘rubbish’ iets mooi kan skep.

Hy werk die graagste met Wilde vye en hou ook baie van die Swart Apiesdoring. Hy eksperimenteer graag met inheemse bome. Sy gunsteling style is die literati, groepe, skuinsstam asook die ‘broom’. Ander belangstellings van Charles is om Bromelias en Echeveria plante te versamel. Hy skilder ook graag deesdae. Charles sê dat John Naka sy mentor was. Hy het John persoonlik geken en was ‘n paar keer aan huis by John in Amerika. Charles het by twee geleenthede vir John se meester studente demonstrasies gedoen. In 2003 het Charles by die “Bonsai Convention” in Slovakye gedemonstreer asook in Brazilië in 2006. Hy was Suid Afrika se verteenwoordiger in 2005 by die “Sixth World Bonsai Convention” in Washington DC waar hy ook die Suid Afrikaanse style aan die wêreld bekend gestel het. Die afgelope 5 jaar gaan hy jaarliks na Pakistan waar hy demonstrasies in verskillende stede aanbied. Sy boek is een van 3 voorgeskrewe boeke by die “Bonsai School” in Sydney Australië en in 2007 het hy daar as gasspreker opgetree. In 1999 en 2000 is twee van sy bome gekies onder die beste 100 bome in die wêreld en in 2007 het ‘n Witstinkhout groep van hom ‘n goue medalje gekry in ‘n foto kompitiese wat deur die “Chinese Bonsai Association” gehou is. Charles het ook al in Holland, Engeland en Tseggië opgetree.

Ons is werklik bevoorreg om iemand soos Charles in ons midde te hê. Charles, dankie vir jou volgehoue entoesiasme by die kai en die lede.

Charles Ceronio Tree Gallery